Mark Pilgrim, wat op Sondag 5 Maart na 2023 ‘n lang siekbed met kanker dood is, se lewe is Vrydag 10 Maart 2023 deur sy geliefdes en vriende gevier.
Dit is lewendig op Youtube uitgesaai.
Adrienne Watkins, sy verloofde, het met die plasing gesê: “In celebration of South Africa’s Legend and Inspiration; The Best Dad – Ever; My Mark, My Soulmate, My Hero.”
Deur die verrigtinge waar daar hulde aan hom en sy lewe gebring is, is daar liedjies gespeel wat Watkins verlede Sondag vir hom gespeel het.
Haar hartroerende huldeblyk aan die man wie se lewe sy drie jaar gedeel het en meer onlangs aan verloof geraak het, was met mooi en spesiale oomblikke deurspek. Sy het hom as ‘n ongelooflike pa beskryf vir sy twee dogters en genoem dat sy grootste wens was om met hulle na die altaar te stap met hul troues. Dit sal nou nooit waar word nie.
Na haar huldeblyk het Adrienne gepas met Goodbye My Lover van James Blunt afgesluit.
Kerse is vir die ontslapene aangesteek.
Pilgrim laat sy verloofde Adrienne Watkins, sowel as sy dogters, Tayla-Jean en Alyssa, agter.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



