‘n Fetus is Saterdag 11 Maart 2023 ongeveer 11:10 op ‘n stortingsterrein tussen Leidenlaan en Camdeboostraat in Leiden, Delft, Wes-Kaap gevind.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ‘n persoon wat blikkies vir scrap opgetel het, het op die fetus afgekom.
‘n Saak van verberging van geboorte word deur Delft-polisie ondersoek.
Enigiemand wat inligting het wat kan help met die ondersoek van die saak kan Stop Misdaad kontak deur 08600 1011 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



