‘n Ma soek ‘n skoondogter sodat sy naweke kan rus

Deel hierdie storie / Share this story

Hester van Niekerk het ‘n wens vir ‘n oulike skoondogter op People Who Live In Centurion Area se Facebook-blad geplaas.

Sy sê dat sy moeg is om bekommerd te wees oor haar seun Willem Visser (28) wat sy nie in die hande kry wanneer hy naweke kuier nie. Sy is op soek na ‘n oulike, spontane, vriendelike meisie wat hom in toom kan hou.

Wat sy grappenderwys geplaas het, het vinnig reaksie uitgelok.

“Nee hy het beslis nie ‘n drankprobleem soos wat almal aanvanklik na die plasing gedink het nie,” sê ma Esta.

“Hy kuier baie keer op Coke Zero.”

Maar die rede hoekom hy kuier, is omdat hy van dans hou nadat hy hip-hop-klasse op skool geneem het.

Volgens die plasing waar sy uitwei oor sy stokperdjies is die hoofaktiwiteit beslis “braai.”

Belangstellendes kan haar kontak by 082 416 1025 en moet tussen die ouderdom van 23 en 28 jaar wees.

Sy sal die oproepe hanteer, aangesien Willem by die werk is en weens beroepsveiligheid nie die foon kan antwoord nie.

Haar grootste doelwit is om oor naweke te rus en nie bekommerd te wees nie.

Lees die boodskap hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel