‘n Babaseun van twee maande is Saterdag 11 Maart 2023 uit sy huis in Welbedacht West, Chatsworth, Wes-Kaap ontvoer.
Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help in die soektog na die baba.
Na bewering het gewapende verdagtes die huis binnegedring en die familie beroof. Hulle her glo die babaseun gegryp voor hulle op die vlug geslaan het.
Enigiemand met inligting moet onverwyld met kapt. Mthembu in kontak kom by 0825 567 4188. Alternatiewelik kan Stop Misdaad gekontak word by 08600 10111. Enige wenke kan via die MySAPS-toepassing gestuur word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



