Tienerseun steeds in see by Scottburgh vermis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (17) is sedert Saterdag 11 Maart 2023 in Scottburgh in KwaZulu-Natal ter see vermis.

Linda Putter, NSRI Rocy Bay sê NSRI en plaaslike munisipale lewensredders het die polisie se soek-en-reddingspan in hul volgehoue soektog bygestaan.

NSRI Rocky Bay is Saterdag 13:46 geaktiveer vir ‘n verdrinking te Scottburgh-strand in rowwe seetoestande. Die polisie is in kennis gestel. ‘n Soektog het geen teken van die tiener opgelewer nie.

Die polisie sal ‘n soektog na hom voortsit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel