Saterdag om middernag was daar ‘n strukturele brand by een van die personeelhuise by Dozi Back to the Roots, Hartbeespoort.
Harties Volunteer Rescue het AfriForum Hartbeespoort se vrywilliger-brand-eenheid gekontak.
Op die toneel het personeel reeds al die brandblussers gebruik en steeds gesukkel om die brand onder beheer te bring.
‘n Gesamentlike span bestaande uit Harties Volunteer Rescue, AfriForum Hartbeespoort se vrywilliger-brand-eenheid, SLS Security, Eagle Towing en buurtwag het gekeer dat die brand versprei.
Met aankoms van Madibeng-brandweer is die toneel oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



