Help om Marie-Louise op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Marie-Louise Lianca Erasmus (16) het op 9 Maart 2023 om ongeveer 05:30 vermis geraak. Sy is laas gesien toe sy by die skool in Pretoria-Noord, Gauteng, afgelaai is.

Sy het nie die dag skool bygewoon nie en is sedertdien nog nie weer gesien nie. Sy was geklee in ‘n wit skoolhemp, grys skoolbroek en swart seilskoene.

Sy het ligbruin hare en haar oë ‘n mengsel van groen en bruin. Sy is slank en weeg tussen 60 en 70 kg en is 1.6 meter lank. Uitkenbare merke: Beide ore het gaatjies in en sy het ‘n litteken onder haar ken.

Saaknommer 682/03/2023

Indien jy weet waar Marie-Louise haar bevind, kan jy met Carina Bam kontak maak by 071 243 3065. Alternatiewelik kontak Pretoria-Noord-polisiestasie by 012 3535666 /7 /8 of Debbie de Beer: 076 306 0836 SA Community Crime Watch of Allan Cutten: 067 278 9720 SA Community Crime Watch

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel