LEES OOK: Vier beseer in botsing op N14
Devon Hofmeyr, leier van die Bittereinders-beweging, deel op Facebook dat die Ons Doen-veldtog se Maart-projek amptelik afgeskop het.
“Ons skop vanaand af met “Ons Doen” se Maart-projek. Zinré is ‘n 4 jarige dogtertjie wat op 10 Februarie gediagnoseer is met Ewing Sarcoma Bone Cancer,” sê Hofmeyr.
Zinré moet elke 21 dae ‘n chemosessie kry waartydens sy vir vier dae in ‘n hospitaal opgeneem word.
“Hierdie pragtige dogtertjie sal nie agtergelaat word nie en ook nie voel dat sy hierdie berg alleen moet aanpak nie. Want die boerevolk staan saam met haar! Julle kan vir Zinré bystaan deur ‘n donasie te maak aan die “Ons Doen Fonds”.
Klik hier vir Hofmeyr se Facebook-blad met meer inligting.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



