Vier mense is Woensdagmiddag beseer toe ‘n botsing op die N14 in Nietgedacht, Lanseria, plaasgevind het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare911, sê verslae dui daarop dat ‘n vragmotor twee motors en drie bakkies by die botsing betrokke was.
Emer-G-Med was saam met Netcare911 op die toneel.
Paramedici het pasiënte op die toneel geassesseer. Vier is ernstige beseer en ‘n vyfde het ligte beserings opgedoen.
Die pasiënte is na hospitale geneem vir behandeling.



