Ministers wat hierdie land in die grond gehardloop het, woon in 97 herehuise in Kaapstad en Pretoria, ter waarde van nagenoeg R1 miljard. Die 624 ondersteuningspersoneel wat hulle in diens het, het belastingbetalers die afgelope vyf jaar nagenoeg R2 miljard gekos. Dit is bykomend tot die vier gratis luukse voertuie, BBP-beskerming, gratis water en elektrisiteit, en ander duur byvoordele wat hulle ontvang.



