Lees ook: Prins Harry beplan glo ekstra hoofstuk vir boek ‘Spare’
Prins Harry en Meghan het gesê dit is hulle kinders se “geboortereg” om prins en prinses genoem te word.
Harry en Meghan het Woensdag hulle dogter Lilibet die eerste ’n prinses genoem toe hulle bevestig het sy is verlede jaar in Kalifornië gedoop.
Koning Charles het glo vir Harry gesê sy kinders gaan die titels van prins en prinses kry in ’n “privaat gesprek” na koning Elizabeth se begrafnis verlede jaar.
Harry en Meghan wil glo vir Archie en Lilibet die keuse gee om self te besluit of hulle die titels wil hou wanneer hulle ouer is.
’n Koninklike bron het aan Mirror gesê Buckingham-paleis se webtuiste sal binnekort bygewerk word om hulle nuwe titels te wys.
Bronne: BANG Showbiz, Mail Online, Bang Premier
Lees ook: Prins Harry beplan glo ekstra hoofstuk vir boek ‘Spare’



