LEES OOK: Jong vrou (20) se liggaam in vlak graf gevind na kêrel haar glo vermoor
Die leeu wat Woensdagoggend omstreeks 02:00 op die R511 tussen Noordwes en Gauteng gewaar is, is steeds soek.
FiND iT het Woensdag berig die leeu is naby die Motozi Lodge en Vusalela Day Spa gewaar.
Arthur Crewe, operasionele bestuurder van SRU hoë-risiko eenheid, het bevestig die foto wat gesirkuleer word, is inderdaad van ’n leeu. Crewe sê spanne is tans op die toneel en wag vir ‘n helikopter om met die soektog voort te gaan.
“Ons het die foto gesien wat vanoggend deur ’n sekuriteitsbeampte geneem is, asook het nog ’n persoon bevestig hulle het die leeu gesien. Dis ’n wyfie wat in ’n baie goeie toestand is, wat daarop aandui dat dit ’n leeu in bewaring is,” het hy Woensdag aan FiND iT bevestig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



