Lees ook: Honderde meisies in Iran vergiftig
Iran het Dinsdag aangekondig verskeie verdagtes is in hegtenis geneem in ses verskillende provinsies in verband met die vergiftiging van skoolkinders, meestal meisies.
Die minister van binnelandse sake, Majid Mirahmadi, het gesê die Iranse intelligensiediens het die verdagtes in hegtenis geneem en is besig met ’n ondersoek.
Meer as 5 000 kinders in 230 skole in 25 provinsies is deur die vergiftings wat in November begin het, geraak.
Mirahmadi het gesê van die verdagtes kan verbind word aan buitelandse media en dat sommige van die verdagtes deelgeneem het aan die betogings ná die dood van Mahsa Amini in polisieaanhouding.
Hy het ook gesê een van die verdagtes het sy eie kind gebruik om die gif in die skool in te neem voor die beeldmateriaal met die media gedeel is.
Sommige politici het gesê hulle dink die vergiftigings is uitgevoer deur groepe wat teen die opvoeding van meisies is.
In die nuutste voorval is 40 meisies Dinsdag in Zahedan vergiftig.
Bronne: DW – South Africa, CBS News, Daily Caller
Lees ook: Iran gee amnestie aan meer as 80 000 gevangenes, insluitend betogers



