Pietermaritzburg-onderneming brand

Deel hierdie storie / Share this story

’n Onderneming in Pietermaritzburg het Maandag afgebrand.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê aan FiND iT hulle het net na 17:00 gistermiddag gereageer op ’n strukturele brand in Weststraat, Pietermaritzburg.

“Met die aankoms van noodspanne het hulle ‘n besigheidsperseel aan die brand gevind.

“Brand- en Reddingsdienste het berig dat alle insittendes ontsnap het voordat die ingang deur vlamme gehul is.”

Die gebou bevat glo verfprodukte, hardeware en kommersiële metaalprodukte.

Die brandweer en reddingsdienste het daarin geslaag om die vlamme te blus. Niemand is beseer nie.