Ekurhuleni-paar in hegtenis na gesteelde voertuie gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tronkbewaarder wat vrou glo vermoor uit op borg

’n Ekurhuleni-paar is Maandag in hegtenis geneem na polisiebeamptes besef het die Ford Focus wat hulle bestuur se registrasieplate is nie dieselfde as die VIN nie.

Die polisie het die sleutel van ’n Ford Ranger in die paar se besit gekry na hulle die paar in die gesteelde Ford Focus afgetrek het. Die paar het erken dat hulle die Ford Ranger verlede maand in die Primrose-gebied gesteel het.

Hulle het die polisie ingelig dat die Ford Ranger by ’n winkelsentrum daar naby geparkeer is.

Albei voertuie is na die Van Rhyn Deep-polisiewerf in Benoni vir verdere ondersoek geneem. Die verdagtes sal binnekort in die Midrand-landdroshof verskyn.

Bronne: IOL, 247 News, VN Explorer

Lees ook: Twee militêre vliegtuie bots in lug in Italië