Die publiek se samewerking word gevra om ‘n gekaapte voertuig in Umhlanga Rocks, KZN, op te spoor.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is die bestuurder van ‘n Mercedes Benz A200 met registrasienommer NUR 50095 deur ‘n gewapende verdagte voorgekeer.
Die verdagte het die vrou beveel om na ‘n OTM te ry om geld te trek. Die vrou het die verdagte gehoorsaam, maar besef dat sy reeds haar daaglikse limiet bereik het. Die verdagte het haar toe agtergelaat en in haar voertuig gevlug.
Rusa-lede is steeds op soek na die voertuig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



