Lees ook: Verdagtes in besit gevind van Nick Frischke se besittings terug in hof
’n CIT-voertuig was Saterdag op pad na Giyani, Limpopo, toe ’n wit Range Rover wat van die ander kant van die pad gekom het, in hulle probeer vasry het.
Die bestuurder van die CIT-voertuig het die Range Rover vermy, maar ’n blou Mercedes Benz het in hulle vasgery. Die CIT-bestuurder het stadiger gery en afgetrek om te kyk of sy voertuig beskadig is.
Die Range Rover het teruggekom en die insittendes het op die Nissan wat die CIT-voertuig vergesel het, begin skiet.
Die CIT-bestuurder het na Muapa probeer ry vir veiligheid, maar ’n derde groep in ’n silwer VW Amarok het hulle ingewag en op hulle geskiet. Die bestuurder van die CIT-voertuig het beheer verloor en die voertuig tot stilstand gebring. Die sekuriteitswagte het gevlug.
Die verdagtes het die CIT-voertuig opgeblaas en geld gevat voor hulle in hul voertuie, ook die Nissan, gevlug het.
Die polisie is ingelig en ’n vuurwapen wat aan een van die sekuriteitswagte behoort, is in ’n erf gevind. Die Mercedes is verbrand gevind op die R81 en die Nissan is op ’n nabye dorp gevind. Die Nissan se sleutel is later in ’n Toyota Land Cruiser gevind wat glo deur dieselfde verdagtes gesteel is.
Die bestuurder van die CIT-voertuig en ’n vroulike motoris, wat op Tzaneen raakgeskiet is in die kruisvuur tussen die polisie en verdagtes, is na ‘n hospitaal geneem.
Altesaam 14 huise is beskadig toe die CIT-voertuig opgeblaas is.
Bronne: Times LIVE, IOL, 15 Minute News
Lees ook: Man op parool vir moord en verkragting



