Werker afgedank na hy baas rapporteer wat ‘oor muur vir hom loer in badkamer’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in besit gevind van Nick Frischke se besittings terug in hof

’n Werker is afgedank nadat hy sy baas rapporteer het na dié glo ‘oor die muur vir hom geloer’ het in die badkamer toe hy in die toilet was.

Die werker is afgedank nadat sy baas opgedaag het vir ’n poligraaftoets en hy nie. Die baas het die poligraaftoets geslaag. Die werker het nie opgedaag vir die toets nie en is na ’n dissiplinêre verhoor afgedank. Die werker kon glo nie die afspraak vir die poligraaftoets nakom nie, omdat sy vakbondverteenwoordiger nie kon saamgaan nie.

Die werker het hom na arbitrasie gewend. Daar is bevind sy afdanking was onbillik en hy het vergoeding van agt maande se salaris ontvang.

Die maatskappy het hom tot die Arbeidshof gewend om die arbitrasietoekenning van die hand gewys te kry met die redenasie dat die werker gelieg het, maar die hof het die aansoek van die hand gewys.

Bronne: IOL, VN Explorer, Reddit

Lees ook: Adjunk-minister beskuldig van verkragting, ontvoering