Man op parool vir moord en verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Lewenslank vir man wat eks verkrag, tong afbyt

’n Man (46) is onlangs tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n vrou (26) in Oktober 2020.

Zenzele Buthelezi het die vrou na sy huis toe genooi deur vir haar te sê haar kêrel, een van sy familielede, gaan daar wees. Toe sy daar aankom, het sy gesien haar kêrel is nie daar nie, maar Buthelezi het vir haar gesê om te wag.

Sy het besluit om te loop en dis toe hy haar aanval en sê sy moet hom “terugbetaal vir alles wat sy familielid vir haar gedoen het”. Hy het haar met ’n byl teen die agterkant van haar kop geslaan, verwurg en geslaan en toe verkrag. Sy het weggekom deur te sê sy sal terugkom. Hy is ’n paar dae later in hegtenis geneem.

Die aanklaer in die saak het uitgewys dat Buthelezi voorheen vir moord skuldig bevind en gevonnis is. Hy was op parool toe hy die vrou verkrag het.

Bronne: IOL, VN Explorer, Flipboard

Lees ook: ‘Tradisionele geneser’ kry lewenslange tronkstraf vir verkragting