‘Tradisionele geneser’ kry lewenslange tronkstraf vir verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte erken glo hulle het Nick Frischke met mes gesteek tydens roof

’n Man wat gemaak het of hy ’n tradisionele geneser is, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Madadeni-streekhof vir die verkragting van ’n 17-jarige meisie. Die meisie is die dogter van ’n vrou met wie hy bevriend was.

Hy het glo die ma oortuig dat hy haar dogter kan gesond maak, want sy was sieklik. Haar ma het ingestem. Hy het die meisie gaan haal en vir haar ma gesê hy gaan haar genees. Hy het die meisie onder vals voorwendsels na sy huis geneem, haar twee keer verkrag en laat gaan.

Die man is kort daarna in hegtenis geneem.

Bronne: IOL, ECR

Lees ook: Honderde meisies in Iran vergiftig