Ashley Oosthuizen vier 24ste in Thai-tronk

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Deel twee van Ashley se brief uit die tronk

Ashley Oosthuizen vier vandag haar 24ste verjaardag in die Thai-tronk waar sy tans 33 jaar tronkstraf vir dwelmhandel uitdien.

Oosthuizen, ’n oud-leerling van Hoërskool Outeniqua op George, is op 18 Augustus 2021 tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy by ‘n restaurant waar sy gewerk het geteken het vir ’n koerierpakkie wat dwelms bevat het. Die vonnis jis intussen na 33 jaar verkort.

Lynn Blignaut, Oosthuizen se ma, het in ‘n onderhoud met AfriNUUS vertel dat sy tans in Thailand bly om nader aan haar dogter te wees. Ma en dogter vier vandag saam Ashley verjaardag, wat vanjaar toevallig op ‘n Vrydag val, die dag waarop haar ma haar mag besoek.

Ondersteuners en vriende van Oosthuizen dra vandag geel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel