LEES OOK: Vermiste vrou stuur stemboodskap met selfdooddreigement
IPSS Medical Rescue het Donderdagaand ‘n oproep ontvang oor hulp vir ‘n bejaarde vrou in die Stanger-area.
Met paramedici se aankoms op die toneel is die bejaarde vrou in ‘n plas bloed aangetref. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
Volgens IPSS Medical Rescue het die steekvoorval vermoedelik ‘n paar uur vantevore plaasgevind.
Die bejaarde vrou is op die toneel dood verklaar. Die saak is aan die polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



