Lewenslank vir man wat eks verkrag, tong afbyt

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte erken glo hulle het Nick Frischke met mes gesteek tydens roof

’n Man (24) van Mpumalanga man is tot lewenslange tronkstraf met ’n addisionele sewe jaar gevonnis in die Nelspruit-hof vir seksuele oortredings vir die verkragting en aanranding van sy eks-meisie.

Witness Solly Ngomane het op 25 Mei 2018 sy eks-meisie ingewag toe sy haar ouerhuis verlaat het om haar kêrel te gaan ontmoet. Hy het haar na ’n nabye verlate huis gesleep waar hy gewurg het en haar tong afgebyt het.

Hy het haar ’n bottel met ’n “love potion” gegee om te drink, beveel om uit te trek en haar verkrag. Hy het haar die aand by hom gehou en die volgende dag na ’n rivier toe gevat om haarself te was.

Toe die slagoffer by die huis kom, het sy haar ma wakker gemaak en met gebaretaal vir ’n pen en papier gevra om neer te skryf wat met haar gebeur het.

Haar ouers is saam haar na die misdaadtoneel en het daar die stuk van haar tong gekry. Dis saamgeneem hospitaal toe waar sy behandeling ontvang het. Hulle is polisie toe en Ngomane is kort daarna in hegtenis geneem.

Ngomane het onskuldig gepleit en die aantygings ontken.

Bronne: IOL, Soeknet, VN Explorer

Lees ook: Gerhard Ackerman sê seuns het geweet wat hulle moet doen by masseerbesigheid