Karlien deel voorsmakie van nuwe lied

Deel hierdie storie / Share this story

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het Donderdagoggend ‘n voorsmakie gedeel van ‘n nuwe lied wat binnekort vrygestel word – ‘n lied wat Karen Zoid vir haar geskryf het.

Van Jaarsveld beskryf dit as wanneer iemand vir jou opstaan wanneer jy nie kan nie.

“Opstaan

Deur die loop van mens se lewe is daar altyd ‘n verskynsel van iemand wat vir jou opstaan wanneer jy nie kan nie. As ek my hele lewensstorie met julle sou deel sou julle sien dat ek soos meeste van ons nog altyd moes veg om te survive en dit maak baie keer dat mens voel jy staan alleen… maar iewers langs die pad was daar altyd iemand om mens ‘n rukkie te dra as jou bene moeg geraak het. As kind was my broer daar. In hoërskool was dit Jan. Ek was nooit in “in-crowds” nie. Ons was die kinders wat die briefie met die rooi “onbetaalde skoolfonds” sticker in die klas ontvang het om huis toe te vat, asof my ouers nie reeds geweet het dis nie betaal nie. En dan was daar my siening oor die lewe wat seker nog altyd maar bietjie anders was… Op varisty was daar Lelani en so paar verkeerde vriende. Toe was daar Annatjie. Daarna was dit Pieter de Jager en toe Karen Zoid en Carien Loubser, my sussie en Liani Reynolds, daarna was daar Joe, en natuurlik ook my ouers op verskeie plekke van my lewe en die lys gaan aan… Dis asof God elke keer ‘n verskynsel van Hom gestuur het in verskeie karakters. Meestal het Hy verskyn in die wat self die moeiliker onbekende paadjie gestap het, die wat ook al verstoot en verlate was. Karen Zoid het eendag na ‘n kuier by haar huis vir my die liedjie OPSTAAN geskryf omdat sy my altyd aangemoedig het om op te staan vir myself, maar my antwoord was altyd: “Jy weet mos ek hou nie van baklei nie en die waarheid het altyd sy eie manier om sy gesig te wys. Ek het nie borde en woorde van opstand nodig nie.” Hierdie lied is uit die hart van Karen waar sy namens my opgestaan het in ‘n tyd toe my knieë lam geraak het. Dankie, jy het ‘n deel geword van my sterk skouers en bene in vandag, ek het jou lief,” skryf sy.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel