Jong vrou van Coligny sterf in fratsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vierdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is Sondagoggend tydens ‘n fratsongeluk oorlede.

Hoërskool Lichtenburg het Maandag die tragiese nuus van Mikyla Keyser (21) se dood op sy Facebook-blad bekendgemaak.

“Mikyla Keyser, voormalige Liggie, Hart & Hande leier en spontane jong dame. Die hemel jubel en die aarde huil. Rus in vrede liefste Mikyla. Ons dra die Keyser-gesin op aan God in hierdie hartseer tyd. Mikyla se spore lê diep in ons harte!”

Keyser was volgens Netwerk24 besig om ‘n rompie te stryk voor ‘n familiebraai by die gesin se huis in Coligny toe sy vermoedelik ‘n kragprop uitgetrek en haar hande aan die kaal drade gevat het.

Lees meer op Netwerk24.

Hulde stroom intussen in op sosiale media van vriende, familie en ook kennisse wat almal “die mooi in Keyser sal onthou”.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel