Altesaam 16 persone is Vrydagoggend 3 Maart 2023 ongeveer 07:00 in ‘n grusame ongeluk op die R579, Motetema, naby Groblersdal, Limpopo, dood.
Limpopo se departement vir vervoer en gemeenskapsveiligheid sê die ongeluk het gebeur toe ‘n minibustaxi vermoedelik onveilig verbygesteek het en reg van voor met ‘n vragmotor en ‘n ander minibustaxi gebots het.
Owerhede op die toneel het roekelose bestuur as moontlike oorsaak vir die ongeluk bestempel. Een van die minibusse het skoolkinders vervoer.
Die twee bestuurders van die minibusse en ses kinders is dood. Vier ander insittendes is ernstig beseer en is vir die nodige behandeling na nabygeleë mediese fasiliteite vervoer.
Florence Radzilani, die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid het haar medelye aan die families van die oorledenes oorgedra. Sy het haar bekommernis uitgespreek ten opsigte van die lewensverlies wat reeds in die provinsie aangeteken is.
Sy het die ongelukstoneel en twee families van die oorledenes gister besoek en daarna met sleutelrolspelers ontmoet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



