Lionel Messi en familie deur gewapende mans geteiken

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Prokureur skuldig aan moord op vrou en seun

Twee mans op motorfietse het Donderdag 14 skoteafgevuur op die Unico-supermark in Rosario, Argentinië, wat deur Lionel Messi se skoonouers besit word.

Die mans het ’n stuk karton agtergelaat met ’n nota wat sê: “Messi, ons wag vir jou. Javkin is ook ’n dwelmsmokkelaar, so hy gaan nie na jou kyk nie.”

Burgemeester Pablo Javkin praat baie uit oor die federale amptenare en sy gevoelens dat hulle nie genoeg doen oor dwelmverwante misdaad in Rosario nie.

Lionel Messi is tans onder kontrak by die Franse klub Paris Saint-Germain en bly in Parys, maar het ook ’n huis in Rosario.

Dit is onduidelik hoekom hy geteiken is of wat die boodskap met Javkin te doen het.

Bronne: SW – South Africa, CBS Sport, Hollywood Life

Lees ook: Wits skors studente na betogings