Kyk opnames: Cheetah-stut Schalk Ferreira, die held wat man van voertuigkap afpluk

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat Dinsdagoggend tot ‘n gesin se redding gekom het, is inderdaad ‘n Cheetah-rugbyspeler, die stut, Schalk Ferreira.

FiND iT het vroeër berig van die man wat in Bloemfontein op ‘n voertuig gedans en ‘n ma en haar kinders geterroriseer het.

Tot ‘n manspersoon, in die vorm van Schalk Ferreira, tot hul redding gekom het.

Die voorval het Donderdagoggend ongeveer 07:15 op die hoek van Parfittlaan en Sir George Greystraat gebeur toe die man skielik in die verkeer op die Helberg-gesinsmotor se enjinkap geklim het.

Die ma met haar seun en dogter was op pad om die kinders by hul onderskeie skole te gaan aflaai.

Die familie het die kans gehad om hul held by OFM -radiostasie te ontmoet.

Kyk weer hier na die video’s:

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel