Kyk: Man maak amok op enjinkap in verkeer

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: kru taalgebruik!

Neels Claassen het die volgende selfoon-opnames, moontlik in Bloemfontein geneem, op sy Facebook-blad gedeel. Dit is reeds meer as 3 000 keer verder gedeel.

In die video kan ‘n man op die enjinkap van ‘n voertuig, wat nie syne is nie, gesien word. Dit wil voorkom of hy onder die invloed van een of ander middel is.

In die eerste video sit hy, maar in die tweede video staan hy en dans terwyl hy hard met sy voet op die enjinkap trap, totdat ‘n manspersoon hom aan die been van die enjinkap afpluk.

Die vrou in die voertuig probeer kalm bly en maan haar kinders by haar om ook kalm te bly.

Indien jy weet wie die video-opnames gemaak het, laat weet ons gerus. Hoe sou jy in die situasie opgetree het?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel