‘n Man is Woensdagoggend op die N8, ongeveer 20 km van Bloemfontein, naby De Brug, oorlede nadat hy met sy voertuig in ‘n kop-aan-kop-botsing met ‘n leë petroltenkwa was.
VRMED het hul na die toneel gehaas. Met aankoms op die toneel het hulle gevind die motorvoertuigbestuurder is aan sy beserings oorlede.
Die bestuurder van die leë petroltenkwa het ongedeerd van die ongeluk afgekom.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



