
FiND iT het 28 Februarie 2023 oor klein Nevaeh (agterstevoor van Heaven) in Rustenburg berig wat onder sedasie in die neonatale intensiewesorgeenheid (NICU) teen RSV en longongsteking veg.
Jalicka en Ruben Barnard het vir haar ‘n BackaBuddy-profiel begin en ‘n gebedsblad op Facebook en WhatsApp gestig waar hulle almal op hoogte hou van hoe dit met hierdie klein rookoppie van hulle met haar vegtersgees gaan.
Hier is die goeie nuus: sy is nie meer kritiek siek nie.
Sy veg so hard dat Mamma en Pappa nie aan haar mag vat nie, want elke keer as hulle aan haar raak, wil sy wakker word, maak nie saak hoe sterk sy gesedeer is nie.
Volgens die dokter toon sy ongeveer 40% verbetering. Hulle sou weer bloed trek om toetse te doen om haar infeksievlakke vas te stel. Die suurstofvlakke van die ventilator word ook deurentyd afgestel en was laas op 60%. Vanoggend op 45%.
Hierdie ouers glo dat hul kleinding reeds ‘n groot betekenis in menige mens se lewe gehad het en dat sy die Here se werk sal doen.
“Die Here stap hierdie ongelooflike moeilike pad so ongelooflik saam met ons, sonder Hom sou ons dit nie kon maak nie, dit belowe ek julle.”
Hierdie twee ouers dink nie net aan hul eie siek “mooiste prinsessie” nie maar vra ook dat daar vir al die siek kindertjies wat so sukkel en swaarkry, gebid sal word.
“Dankie vir almal se liefde, omgee, gebede en donasies, ons is julle ongelooflik baie dankbaar!”
“Ons God is altyd goed, net goed altyd!”
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/nevaeh-barnardt-5532239086223997273
Of volg haar Bid / Fonse vir Nevaeh Prinses Facebook-blad.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



