Beseerde man glo herken as veroordeelde rower, hulp geweier

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (32) is Donderdagmiddag van ongeveer 12:00 deur verbygaande lede van die publiek op die R102 tussen Verulam en Canelands, KwaZulu-Natal, hulp ontsê nadat hulle hom glo as ‘n veroordeelde gewapende rower herken het.

Reaction Unit South Africa sê die man is na bewering in ‘n tref-en-trap-ongeluk beseer. Hy is om ongeveer 16:00 deur reaksie-offissiere en paramedici gevind.

Hy het hulle meegedeel dat hy deur ‘n vragmotor gestamp is wat van die toneel weggery het. Hy het bygevoeg dat hy herken is as ‘n veroordeelde gewapende rower wat sewe jaar vantevore as die wegkom-bestuurder tydens ‘n misdaad in die Riverview-area uitgewys is. Hy het glo sy 15 jaar gevangenisstraf in die Westville-gevangenis uitgedien, maar is in 2022 op parool vrygelaat.

Alhoewel die man met onder andere ‘n gebreekte been om hulp gesmeek het, is hy geïgnoreer. Hy is later deur ‘n man gehelp wat hom verskuif het en Reaction Unit South Africa gekontak het vir hulp.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel