Jong vrou spring van damwal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (21) het Woensdagmiddag van die Hartbeespoortdam se wal gespring.

HEMS (Hartbeespoort Emergency Medical Services) sê in ‘n verklaring hulle het ‘n oproep ontvang dat iemand na bewering van die wal gespring het, waarna hulle saam met Stasie 21-brand-en-reddingseenheid na die toneel gehaas het.

Met aankoms op die toneel moes hulle van die wal af na onder om die beseerde vrou te assesseer en te behandel.

Die pasiënt is gestabiliseer, waarna HEMS en SRU Hi Risk-eenheid sy-aan-sy moes werk om ‘n redding met toue te inisieer.

Die beseerde vrou kon veilig na die bo-punt van die wal gebring word en is daarna na ‘n hospitaal op Brits geneem vir verdere mediese behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel