Lees ook: Gerhard Ackerman erken tot seks met 16-jarige
MultiChoice het aangekondig hulle het 5 000 nagemaakte afstandbeheerders vernietig wat inbreuk gemaak het op die Dstv-logo-handelsmerk.
Die maatskappy het in ’n verklaring gesê die nagemaakte goedere ondermyn MultiChoice se intellektuele eiendomsregte en hou ’n bedreiging in vir handelsmerkeienaars se winsgewendheid en reputasie.
Die toestelle is deur die SAPD en doeane-owerhede gekonfiskeer voordat dit vernietig is.
Bronne: IT Web, Speedinet, TechCentral
Lees ook: Prokureur sê moord-beskuldigde ANC-raadslid se aanhouding in Kokstad belemmer verhoorvoorbereiding



