Bantu Hoho (46) is op 28 Februarie 2023 in hegtenis geneem vir beweerde bedrog van SA Nasionale Padagentskapfonds (RAF).
Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke se direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoekeenheid, sê in ‘n verklaring dat Hoho glo na bewering op 5 Februarie 2017 ‘n tref-en-trap ongeluk deur ‘n motorvoertuig gerapporteer het waarin hy as motorfietsbestuurder betrokke was.
‘n Eis ter waarde van R1.3 miljoen is per instruksie aan sy prokureurs by die padagentskapfonds ingedien.
Voordat die eis wat geprosesseer was uitbetaal kon word, het ‘n interne ondersoek plaasgevind.
Daar is vasgestel dat daar nie ‘n motorvoertuig betrokke was tydens sy ongeluk nie, maar net Hoho se motorfiets.
Die bedrogsaak is aan die Valke gerapporteer vir kriminele ondersoek, waarna Hoho in hegtenis geneem is.
Hy het voor ‘n landdros in die New Law Court in Gqeberha verskyn waar hy op waarskuwing vrygelaat is.
Die saak is tot 3 Maart 2023 uitgestel vir ‘n streekshofdatum.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



