Khayalethu Magaxa, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings het Woensdag aan AfriNUUS bevestig dat ’n sitting vir volgende week in die parlement beplan word waar André de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, die kans gegee word om sy bewerings wat in ’n omstrede eNCA-onderhoud gestel is, te verduidelik.



