OOS-KAAP. ‘n Prokureur (70) is vanoggend omstreeks 09:48 in die bolyf geskiet toe hy sy kantoor in Vincent in Oos-Londen wou binnegaan .
Kol. Priscilla Naudu sê die slagoffer is na bewering voordat hy sy kantoor kon binnegaan deur die twee verdagtes genader wat verskeie skote na hom geskiet het. Hy is in sy bolyf gewond en vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Die verdagtes het in ‘n silwerkleurige Mercedes-Benz van die toneel af gevlug.
Oos-London-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



