Dit was gister presies twee jaar gelede wat Magé Troskie, oud-hoofdogter van Hoër Meisieskool Oranje hierdie bekende toespraak gemaak het.
Die toespraak was aanvanklik vir die nuwe gr. 8’s van die skool.
Miskien het jy of iemand wat jy ken nodig om dit vandag weer te hoor.
Die video het tydens die Covid-tydperk viraal geraak en is wyd en syd gedeel.
Magé is steeds besig om musiek te maak en kan op Facebook, Instagram en ander sosialemediaplatforms gevind word waar jy na haar musiek kan luister.
Luister weer hier na haar spesiale boodskap wat reeds baie mense se harte geraak het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



