Voetganger op N2 doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Kimberley-man vermis

‘n Voetganger is Sondag laatmiddag deur ‘n bakkie op die N2 naby Salt Rock doodgery.

IPSS Medical Rescue is Sondag laatmiddag na die toneel ontbied vir ‘n voetganger wat raakgery is.

Paramedici kon met hul aankoms op die toneel vasstel dat die voetganger deur ‘n bakkie raakgery is. Die man is op die toneel dood verklaar.

Die bakkiebestuurder het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie ondersoek die omstrandighede rakende die ongeluk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel