Vermeende bokdiewe geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Bejaarde bestuurder ry in winkelsentrum in

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle probeer het om bokke te steel, is Sondag in Cottonlands, KZN, geskiet.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het Sondamiddag omstreeks 14:30 ‘n oproep ontvang van ‘n raadslid vir hulp vir 8een van die beseerde mans. Die man het met Rusa-lede se aankoms op die toneel ‘n skietwond aan sy bors gehad. ‘n Wit bakkie is ook naby die beseerde man gevind.

Volgens die beseerde man was daar twee ander beseerdes wat te voet gevlug het na die skietery.

Inwoners van die area het Rusa-lede ingelig dat die bakkie glo gereeld bokke in die area steel. Dis egter nie bevestig nie. Die persoon wat die mans geskiet het, is ook nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel