Bejaarde bestuurder ry in winkelsentrum in, metaalreling mis haar net-net

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde egpaar het Saterdagmiddag net na 12:00 met hul voertuig in ‘n inkopiesentrum in Umhlanga Rocks Drive in Durban Noord, KwaZulu-Natal ingery.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê blykbaar het ‘n bejaarde dame beheer verloor toe sy ‘n voertuig probeer parkeer het.

Sy het per ongeluk die versneller getrap.

Die voertuig is met die sypaadjie op, deur ‘n gang en het teen ‘n stel trappe tot stilstand gekom.

Met die aankoms van paramedici op die toneel is gevind die bejaarde bestuurder en passasier het slegs geringe beserings opgedoen.

Die metaalreling by die trap het deur die laer gedeelte van die motor se windskerm gesteek en net-net die bestuurder gemis.

Beide die insittendes van die motor en ‘n lid van die publiek wat in die gang was toe die insident plaasgevind het, is geassesseer. Hulle wou nie na ‘n hospitaal geneem word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel