Vragmotor beland in gat toe pad inval

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vragmotor het vanoggend in Sanctuarypad, Chasedene, Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, in ‘n gat tot stilstand gekom toe ‘n groot gedeelte van die pad ingeval het.

Mi7 National Group sê dit het naby ‘n verkeersirkel gebeur.

Reënwater het die gat en sy diepte onsigbaar gemaak.

Motoriste word versoek om totdat die gat reggemaak is van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel