‘n Boodskap aan Janneman Uys, wat op verskeie sosialemediaplatforms geplaas is, het mense op hol gejaag. Dit het soos ‘n veldbrand versprei.
Janneman Uys was op dieselfde ramparty as Willem Kruger by Henbase Lodge toe Willem verdwyn en dae later dood in sy bakkie in die Vaalrivier gekry is. Hy is ook die persoon wie se bakkie na bewering skade opgedoen het ten tyde van die ramparty-naweek.
Die boodskap is deur nog ‘n boodskap opgevolg.
Die eerste boodskap van ene James Smith is ‘n direkte dreigement aan Janneman Uys wat in die kommentaar van ‘n Facebook-plasing gemaak is:

Die tweede boodskap is ene James Keegan Smith wat sê hy is die persoon wat die eerste boodskap gestuur het, se seun:

Volgens Springs Advertiser en Middelburg Observer is die vreemde boodskappe deur Anthony Boucher van SA Investigations & Security ondersoek.
Volgens Boucher is dit nie die eerste saak met betrokkenheid van ene James Smith wat hy hanteer nie en gaan alle inligting aan die owerhede oorhandig word.
James Smith is glo reeds met die selfoonnommer wat in die eerste boodskap verskyn in Springs opgespoor.
Janneman Uys het soos volg reageer:
“Dit is maar een van daardie sensasiesoekers. ‘n Mens moenie eers vir sulke mense lugtyd gee nie. Ek het nie eers die Facebook-plasing gelees nie, maar ek sien sy kommentaar is klaar weer verwyder. Hy is ‘n suurstofdief. Baie dankie.”
Lees meer hier:
en hier.
Bronne: Springs Advertiser en Middelburg Observer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



