SAPD Spesiale Taakmag in Top 10 van wêreld SWAT

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD Spesiale Taakmag het weer in die jaarlikse UAE SWAT Challenge, wat oor vyf dae in Dubai plaasgevind het, deelgeneem.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê hulle het hierdie jaar die 9de posisie behaal teenoor laasjaar se 13de plek.

Mathe het gelukwensing namens die bestuur van die SAPD oorgedra dat die span die posisie in die wêreld se Top 10 SWAT spanne behaal het en hulle vandag tuis verwelkom.

Altesaam 55 spanne van wetstoepassingsagentskappe wêreldwyd het deelgeneem.

Hulle taktiese insig, geestelike fokus en fisiese uithouvermoëns word geassesseer. Die uitruil van kennis en kundigheid van die verskillende agenstskappe word bevorder sodat vennootskappe om gemeenskappe veilig te hou versterk word.

Na vyf dae het die Spesiale Taakmag-lede uitgestap met 183 punte teenoor laasjaar se 82 punte.

Maj.genl. Nonhlanhla Zulu, die Spesiale Taakmag se bevelvoerder, sê die SAPD is trots op die span.

“The members performance is commendable, in the world we are number nine but on the African continent we are number one , so this is a big achievement. We beat Kenya and Libya. So yes, we are satisfied with the results, we hope to do better next time. We are happy to be back to continue to deal decisively with serious and violent crime in our country.”

Die Spesiale Taakmag is ‘n hoogs gespesialiseerde eenheid in die SAPD wie se lede verantwoordelik is om te reageer tydens hoë risiko insidente, wat gyselaarsituasies, soek- en reddingsmissies insluit, sowel as om gespesialiseerde operasionele ondersteuning aan ander eenheide in die SAPD te voorsien.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel