Twee persone is vroegogend op die N2, Mandeni-afrit in KwaZulu-Natal, dood nadat hulle in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was.
IPSS Medical Rescue het verskeie oproepe van die ongeluk ontvang.
Met aankoms op die toneel het hulle gevind ‘n voertuig wat in ‘n suidelike rigting beweeg het, het na bewering beheer verloor en met ‘n aankomende voertuig gebors voordt dit ongeveer 150 meter ver gerol het.
Twee insittendes van die een voertuig is met aankoms op die toneel dood verklaar. Nog twee insittendes van die voertuig is op die toneel deur lewensondersteunende paramedici behandel voordat hulle na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem is.
Een insittende van die tweede voertuig is vir matige beserings behandel en na ‘n hospitaal geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



