‘n CCTV-kamera-opname is deur Reaction Unit South Africa vrygestel waarin ‘n bakkie Vrydag in Wickstraat, Verulam se besigheidsgebied in KwaZulu-Natal binne 40 sekonders gesteel word.
Dit is ‘n blou Nissan 1400-bakkie met registrasienommer NUR 62354.
Die motordiefstal vind binne 40 sekondes plaas nadat die bestuurderskant se deur van die bakkie oopforseer is.
Uitkenbare merke op die bakkie is sy mag rims en die modderskerm naby die hooflig is geroes.
Indien enige persoon die bakkie opmerk, kan hulle Reaction Unit South Africa (RUSA) by 086 1234 333 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



