‘n Man is vroeg vanoggend in ‘n kritieke toestand gevind nadat sy voertuig gisteraand van ‘n brug op die hoofweg te Dowerglen, Gauteng geval het.
Emer-G-Med is ongeveer 06:00 na die toneel waar hulle die motoris steeds binne die voertuig aangetref het.
Gevorderde lewensondersteunende intervensie is toegepas om hom te stabiliseer voordat hy per Netcare911-helikopter na ‘n gespesialiseerde mediese fasiliteit gevlieg is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



