Sevaughn Herbst, seun van wyle Paul Herbst, het vanoggend in ‘n motorfietsongeluk gesterf.
Linda Herbst, sy ma en Paul Herbst se vrou, het vanoggend die nuus op sosiale media gedeel.
Sy het gesê dat hulle binne die bestek van vier dae van ‘n gesin van vier na ‘n gesin van twee toe is.
Paul se begrafnis vind Dinsdag 28 Februarie 2023 om 11:00 by die Grace Family Church in Ballito plaas.
Linda en Skyler Herbst (hul jonger seun en broer) vorm nou die Herbst,-gesin na die afsterwe van pa en seun.
Paul Herbst was die direkteur van Medi Response in KwaZulu-Natal wat oorlede is nadat hy van Turkye af teruggekeer het waar hy deel gevorm het van ‘n soek-en-reddingspan wat die land bygestaan het wat deur ‘n aardbewing getref is.
Linda Herbst se plasing:
My beloved son Sevaughn passed away this morning in a tragic motorbike accident. We have gone from a family of 4 to 2 in a matter of 4 days. I am numb, in disbelief. We have not even buried Paul yet.
Go easy my baby, you have so much love waiting for you as you cross over. I adore you endlessly, Mommy 💔
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



