Sikloon Freddy op pad – sterk winde en reën word verwag

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sikloon Freddy –  4 dood in Madagaskar, swaar reën vir SA voorspel die naweek

Die adjunk-minister van Cogta, Thembi Nkadimeng, het gesê die departement is besig met voorbereidings vir enige situasie wat kan opduik met sikloon Freddy wat Saterdag Suid-Afrika gaan affekteer.

’n Aankondiging is vroeër die week gemaak dat sikloon Freddy vanaf vroeg Saterdagoggend swaar reën en sterk winde gaan bring in Limpopo, Mpumalanga en dele van KwaZulu-Natal.

Die gebiede was reeds aangetas deur oorstromings verlede week en Freddy sal waarskynlik nog druk op die infrastruktuur en mense plaas.

Bronne: eNCA, The Citizen, iAfrica

Lees ook: Sikloon Freddy –  4 dood in Madagaskar, swaar reën vir SA voorspel die naweek