Met die vrystelling van water uit die Bloemhofdam het die Vaalrivier geweldig gestyg. Die genoemde styging begin ‘n impak hê op die normale werking van Riverton-watersuiweringsaanleg. Water begin die hoogligpompkamer binnekom.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje Munisipaliteit, sê: “Ons pomp egter die water voortdurend weg. ’n Plan om die watervloei na die pompstasie te stop is aan die gang. Dit sal bedrywighede aansienlik normaliseer.”
Geen besprekings sal nou vir Langleg en Riverton geneem word nie.
Die munisipaliteit se nooddienste monitor voortdurend die styging in water en die veiligheid van inwoners wat na alternatiewe verblyf geskuif moet word.






